God in my tent
Eksodus 33:7, 11
Moses het ’n tent ’n hele ent weg van die laer af in die veld opgeslaan. Hy het dit genoem “die tent waar daar vir God raad gevra word”. Elkeen wat by die Here raad gesoek het, het soontoe gegaan.In die tent het die Here met Moses gepraat soos vriende wat met mekaar sit en gesels. Wanneer Moses na die kamp toe teruggekom het, het sy jong helper, Josua die seun van Nun, by die tent agtergebly. Hy het nie daarvandaan af weggegaan nie.
God is die mens ontsettend lief. Hier het die volk so verkeerd gedoen en ʼn stuk goue kalf gemaak. Hulle het vir God reduseer tot ʼn God met grense, goue grense. Hulle het vir God so te sê in ʼn blik gedruk.
En tog spoeg goed hulle nie uit dat dit doer anderkant trek nie. Nee, God besef hulle stukkendheid, hul onvermoë om Hom te dien, hul selfgesentreedheid, hul sondig natuur wat al te gereeld deur die oppervlak breek en hoor hier: Hy kom trek by hulle in.
Hoeveel genade kan God dan nog gee, wonder ʼn mens? Maar dis juis die wonder van genade: Genade het nie grense nie. Genade hou nie op nie. Genade kan nie deur die mens opgebruik word nie. En God hou net aan om te gee.
Dis juis na die kalf-katastrofe dat God in ʼn tent by die volk gaan woon. God het besef dat die mens het Hom nodig en Hy moet daar wees om hulle te help. Wanneer hulle dan hulp en vra het, kan hulle na die tent en daar sal Hy hulle help.
Vir Moses was dit soos vriende wat bymekaar gekom het om te gesels, nie soos maatjies wat sit en grappies maak nie, maar waar kon vrae vra, argumenteer, pleit, luister. Veral die na die moeilikheid met die volk, hardloop hy na God vir leiding. Hy soek God op, want hy weet dis al plek waar wysheid te vind is.
Ons moet dit vir mekaar sê: God se genade loop oor. Dankie tog daarvoor en mag ons nie daarmee mors nie. Nee, laat ons soos Moses en die volk voor ons tente kniel en ons sondes bely. Laat ons dan gereeld opstaan en na sy tent gaan, waar ookal ons dit “opslaan” en vir Hom raad vra om ons pad te help bou. Mag ons dan soos vriende hand aan hand deur die lewe loop en ander help om vir God raak te sien.
Gebed
Vader, met U liefde loop en ʼn storm plat. Met U leiding loop ek die donker in...
Vrae
- Het ek ’n vaste “plek” of tyd waar ek doelbewus vir God ontmoet?
- Praat ek eerlik met God soos met ’n vriend, of hou ek terug?
- Soek ek God se raad voordat ek besluite neem?
Kruisverwysings
- Eksodus 29:42–43
- Eksodus 29:42–43
- Eksodus 29:42–43
Doen dit nou
- Kies vandag ’n spesifieke plek (stoel, kamer of buite) waar jy vir God wil ontmoet en gaan sit daar vir 5–10 minute.
- Praat eerlik met God oor wat in jou hart aangaan, asof jy met ’n vriend gesels.
- Skryf een ding neer waarvoor jy God se leiding nodig het en vra Hom doelbewus daaroor.